7 Naäman, Agija en Gera het gevangenes geword. Gera was die pa van Ussa en Agigud.
8-10 Sagarajim het geskei van sy vroue Gusim en Baära, en daarna het hy en sy ander vrou Godes kinders in die land Moab gekry. Hulle was die ouers van Jobab, Siba, Mesa, Malkam, Jeüs, Sakeja en Mirma. Hulle was Sagarajim se seuns en hulle was familiehoofde.
11 Sagarajim en sy vrou Gusim was die ouers van Abitub en Elpaäl.
12 Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Semed het die stede Ono en Lod en die dorpe daar naby gebou.
13 Beria en Sema was die familiehoofde van die mense wat in die stad Ajalon gewoon het. Hulle het die mense weggejaag wat in die stad Gat gewoon het.
14-16 Die seuns van Beria was Agjo, Sasak, Jeremot, Sebadja, Arad, Eder, Mikael, Jispa en Joga.
17 Ander seuns van Elpaäl was Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,