11 Sy het vir die Here belowe en gesê: “Here wat oor alles regeer, ek is u dienaar. U moet asseblief na my kyk en sien hoe hartseer ek is. U moet dink aan my, U moenie vir my vergeet nie. As U vir my ’n seun gee, dan sal ek hom bring om sy hele lewe lank aan U te behoort, en niemand sal sy hare afskeer nie.”
12 Hanna het lank aangehou bid tot die Here, en Eli het gesien sy praat.
13 Maar Hanna het saggies gepraat. Net haar lippe het beweeg. Eli kon nie hoor wat sy sê nie en hy het gedink sy is dronk.
14 Eli sê toe vir Hanna: “Hoe lank wil jy dronk bly? Gaan nou en kom terug wanneer jy nie meer dronk is nie.”
15 Maar Hanna het vir Eli gesê: “Nee, Meneer, ek het nie wyn of bier gedrink nie, ek is baie hartseer en ek het vir die Here gesê hoe ek voel.
16 Jy moenie dink dat ek ’n slegte vrou is nie. Ek het tot nou toe gepraat oor my groot hartseer en my pyn.”
17 Eli het vir Hanna gesê: “Ek hoop dit sal goed gaan met jou. Ek bid dat die God van Israel vir jou sal gee wat jy gevra het.”