14 Eli sê toe vir Hanna: “Hoe lank wil jy dronk bly? Gaan nou en kom terug wanneer jy nie meer dronk is nie.”
15 Maar Hanna het vir Eli gesê: “Nee, Meneer, ek het nie wyn of bier gedrink nie, ek is baie hartseer en ek het vir die Here gesê hoe ek voel.
16 Jy moenie dink dat ek ’n slegte vrou is nie. Ek het tot nou toe gepraat oor my groot hartseer en my pyn.”
17 Eli het vir Hanna gesê: “Ek hoop dit sal goed gaan met jou. Ek bid dat die God van Israel vir jou sal gee wat jy gevra het.”
18 Hanna het geantwoord: “Ek hoop jy sal aanhou tevrede wees met my.”Sy het gegaan en geëet, en sy was nie meer ongelukkig nie.
19 Die volgende oggend het Elkana en Hanna vroeg opgestaan en hulle het tot die Here gebid, en toe het hulle teruggegaan na hulle huis in die stad Rama. Elkana het by Hanna geslaap, en die Here het aan haar gedink.
20 Aan die einde van daardie jaar het sy swanger geword en sy het ’n seun gekry. Sy het hom Samuel genoem. Sy het gesê: “Sy naam is Samuel, want ek het vir die Here gevra om hom vir my te gee.”