16 Jy moenie dink dat ek ’n slegte vrou is nie. Ek het tot nou toe gepraat oor my groot hartseer en my pyn.”
17 Eli het vir Hanna gesê: “Ek hoop dit sal goed gaan met jou. Ek bid dat die God van Israel vir jou sal gee wat jy gevra het.”
18 Hanna het geantwoord: “Ek hoop jy sal aanhou tevrede wees met my.”Sy het gegaan en geëet, en sy was nie meer ongelukkig nie.
19 Die volgende oggend het Elkana en Hanna vroeg opgestaan en hulle het tot die Here gebid, en toe het hulle teruggegaan na hulle huis in die stad Rama. Elkana het by Hanna geslaap, en die Here het aan haar gedink.
20 Aan die einde van daardie jaar het sy swanger geword en sy het ’n seun gekry. Sy het hom Samuel genoem. Sy het gesê: “Sy naam is Samuel, want ek het vir die Here gevra om hom vir my te gee.”
21 Elkana en sy hele huisgesin het weer gegaan om die offer te bring wat hy elke jaar moes bring, en ook sy gelofte-offer.
22 Hanna het nie saamgegaan nie. Sy het vir haar man gesê: “Wanneer my seun nie meer aan my drink nie, dan sal ek hom bring en ek sal hom vir die Here gee om vir Hom te werk. Dan kan hy altyd daar bly.”