11 Mense wat voorheen vir Saul geken het, en wat nou gesien het hy praat saam met die profete, was verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Wat het gebeur met die seun van Kis? Is Saul nou ook by die profete?”
12 Iemand wat daar was, het ook nog gevra: “Van watter familie kom die profete?”Daarom sê die mense vandag nog: “Is Saul ook by die profete?”
13 Toe Saul klaar soos ’n profeet gepraat het, het hy na die offer-plek gegaan.
14 Sy oom het vir hom en sy slaaf gevra: “Waar was julle?”Saul het gesê: “Ons het die donkies gaan soek, en toe ons hulle nie kry nie, het ons na Samuel toe gegaan.”
15 Toe sê Saul se oom: “Sê asseblief vir my wat het Samuel gesê.”
16 Saul het vir sy oom gesê: “Hy het net vir ons gesê dat die mense die donkies gekry het.”Samuel het ook nog gesê dat Saul koning sal word, maar Saul het niks daarvan gesê nie.
17 Samuel het die volk bymekaargeroep by die tempel in Mispa.