3 Hier is ek. Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het, sê dit waar die Here en sy gesalfde dit kan hoor. Wie se bees of donkie het ek gevat? Aan wie het ek slegte dinge gedoen en vir wie het ek laat swaarkry? Van wie het ek omkoopgeld geneem sodat ek nie reg moet oordeel nie? Sê vir my, dan sal ek dit teruggee.”
4 Die Israeliete het gesê: “Jy het nie slegte dinge aan ons gedoen nie, jy het ons nie laat swaarkry nie, jy het van niemand iets gevat nie.”
5 Toe sê Samuel vir hulle: “Die Here en sy gesalfde koning is getuies. Julle kan my nie beskuldig nie, ek het niks verkeerd gedoen nie.”Hulle het gesê: “Dit is waar.”
6 Daarna het Samuel vir die volk gesê: “Die Here het vir Moses en Aäron leiers gemaak en dit is Hy wat julle voorvaders uit die land Egipte gebring het.
7 Kom staan nou hier sodat ek vir julle kan vertel hoe goed die Here was vir julle en julle voorvaders, die Here moet dit hoor.
8 Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders tot die Here gebid en hulle het gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het vir Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte gebring en hier laat woon.
9 Maar julle voorvaders het hulle God die Here vergeet, en toe het die Here vir Sisera gebring om oorlog te maak teen die Israeliete. Sisera was die hoof van die leër van Hasor. Die Here het ook die Filistyne en die koning van Moab gebring om oorlog te maak teen die Israeliete.