1 Saul was ’n jong man toe hy koning geword het en hy het twee jaar lank oor die Israeliete regeer.
2 Hy het drie groepe manne gekies uit die Israeliete. Twee groepe was by Saul by die stad Mikmas en op die berg by Bet-El, en een groep was by Jonatan by die stad Gibea in die land Benjamin. Saul het die ander manne laat teruggaan na hulle huise.
3 Jonatan het die Filistyne oorwin wat by die stad Geba moes wagstaan, en die ander Filistyne het gehoor wat gebeur het. Saul het toe gesê sy manne moet ramshorings blaas oral in die land en hulle moet vir die Hebreërs sê dat hulle moet luister.
4 Al die Israeliete het gehoor dat Saul die Filistyne oorwin het wat waggestaan het. Hulle het ook gehoor dat die Filistyne nou baie kwaad is vir die Israeliete. Daarom het Saul gesê die manne moet bymekaarkom by die stad Gilgal.