5 Die Filistyne het ook bymekaargekom om oorlog te maak teen die Israeliete. Hulle het 1 000 oorlogkarre en 6 000 manne op perde gehad en nog baie ander manne, so baie soos die sand langs die see. Hulle het gekom en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Mikmas naby Bet-Awen.
6 Die Israeliete het besef dat hulle probleme het. Daarom het hulle weggekruip in grotte en tussen doringbosse en rotse, en in plekke onder die grond en in gate.
7 Party Hebreërs het oor die Jordaan-rivier gegaan na die land Gad en die land Gilead. Saul was nog in Gilgal, en al die manne by hom was baie bang.
8 Samuel het gesê Saul moet sewe dae vir hom wag, en Saul het dit gedoen. Maar Samuel het nie na Gilgal gekom nie. Toe Saul se manne begin wegloop,
9 het hy gesê: “Bring vir my die brand-offer en die ete-offers.” Saul offer toe self die brand-offer.
10 En toe hy klaar die brand-offer ge-offer het, het Samuel daar aangekom. Saul het gegaan om hom te ontmoet en te groet.
11 Samuel het gevra: “Wat het jy gedoen?”Saul het gesê: “Jy het gesê ek moet sewe dae vir jou wag, maar jy het nie gekom nie. Ek het gesien die manne begin wegloop. Die Filistyne is bymekaar in Mikmas,