3 Agija het die skouer-kleed aangehad. Hy was die seun van Agitub, die broer van Ikabod. Ikabod was die seun van Pinehas, en Pinehas was die seun van Eli, die priester van die Here in Silo.
4 Jonatan moes oor die bergpas gaan om by die groep Filistyne te kom. Daar was ’n skerp rots langs elke kant van die bergpas. Die naam van die een rots was Boses en die naam van die ander rots was Senne.
5 Die een rots het soos ’n pilaar gestaan, langs die noordekant van die bergpas, naby Mikmas, en die ander rots was langs die suidekant van die bergpas, naby Geba.
6 Jonatan het vir sy wapendraer gesê: “Kom ons gaan op na daardie heidene toe. Miskien sal die Here ons help, want niks kan die Here keer wanneer Hy iemand wil red nie. Hy gebruik baie mense of min mense.”
7 Jonatan se wapendraer het vir hom gesê: “Jy moet alles doen wat jy dink is reg. Gaan, en ek sal doen wat jy doen.”
8 Toe sê Jonatan: “Wanneer ons opgaan na hulle toe, dan moet ons só loop dat hulle ons sien.
9 As hulle vir ons sê: ‘Bly daar, ons kom na julle toe,’ dan moet ons staan waar ons is, ons moenie opgaan na hulle toe nie.