39 Want die man wat die sonde gedoen het, sal sterf, dit is seker, so seker soos die Here lewe, Hy wat vandag vir Israel gered het. Die man sal sterf, ook as dit my seun Jonatan is.”Nie een van die manne het hom geantwoord nie.
40 Hy het vir al die Israeliete gesê: “Julle moet hier staan, en ek en my seun Jonatan sal daar anderkant staan.”Die manne het vir Saul gesê: “Jy moet doen wat jy dink is reg.”
41 Saul het vir die Here gesê: “God van Israel, sê vir ons die waarheid, sê wie is skuldig.”Die Here het gesê dit is Jonatan of Saul, nie die manne nie.
42 Toe sê Saul vir die priester: “Vra nou wie is skuldig, ek of my seun Jonatan.”Die Here het gesê dit is Jonatan.
43 Saul sê toe vir Jonatan: “Vertel vir my wat jy gedoen het.”Jonatan het vir hom gesê: “Ek het net ’n bietjie heuning geproe wat aan die punt van my kierie was. Hier is ek, ek sal sterf.”
44 Toe sê Saul: “Jonatan, so seker soos die Here lewe, jy moet sterf.”
45 Maar die manne het vir Saul gesê: “Moet Jonatan sterf? Nee, nooit nie! Dit is hý wat die Israeliete gehelp het om te wen! So seker soos die Here lewe, daar sal nie een haar van Jonatan se kop op die grond val nie, want God het hom gehelp.”So het die manne vir Jonatan gered. Hy het nie gesterf nie.