43 Saul sê toe vir Jonatan: “Vertel vir my wat jy gedoen het.”Jonatan het vir hom gesê: “Ek het net ’n bietjie heuning geproe wat aan die punt van my kierie was. Hier is ek, ek sal sterf.”
44 Toe sê Saul: “Jonatan, so seker soos die Here lewe, jy moet sterf.”
45 Maar die manne het vir Saul gesê: “Moet Jonatan sterf? Nee, nooit nie! Dit is hý wat die Israeliete gehelp het om te wen! So seker soos die Here lewe, daar sal nie een haar van Jonatan se kop op die grond val nie, want God het hom gehelp.”So het die manne vir Jonatan gered. Hy het nie gesterf nie.
46 Saul het opgehou om die Filistyne te jaag, en die Filistyne het teruggegaan na hulle land.
47 Nadat Saul koning geword het oor die Israeliete, het hy oorlog gemaak teen al sy vyande rondom die land Israel: teen die Moabiete, die Ammoniete, die Edomiete, die konings van die land Soba, en die Filistyne. Hy het oral gewen teen die vyande.
48 Hy het sy manne geneem en hulle het die Amalekiete oorwin. So het hy die Israeliete gered van almal wat altyd hulle goed kom vat het.
49 Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malki-Sua, en sy twee dogters se name was Merab en Mikal.