3 Die Filistyne was teen een berg, en die Israeliete was teen ’n ander berg. Daar was ’n klein vallei tussen hulle.
4 ’n Voorvegter het uit die Filistyne se kamp gekom. Sy naam was Goliat en hy het uit die stad Gat gekom. Hy was ses el en ’n span lank.
5 Op sy kop was ’n helm van brons en hy het ’n harnas van brons-plate aangehad. Die harnas het 5 000 sikkels geweeg.
6 Om sy bene was brons-plate, en ’n brons-spies het tussen sy skouers gehang.
7 Die houtsteel van sy spies was so groot soos die balk van ’n weefstoel, en die ysterlem van die spies het 600 sikkels geweeg. Voor hom het ’n man geloop wat sy skild gedra het.
8 Goliat het gaan staan. Hy het vir die Israeliete geskree en hy het gesê: “Hoekom kom staan julle in rye om oorlog te maak? Ek is ’n Filistyn en julle is die mense wat vir Saul werk. Julle moet ’n man kies en julle moet hom na my toe laat kom.
9 As hy teen my kan veg en as hy my wen, dan sal ons julle slawe wees. Maar as ek beter is as hy en as ek hom wen, dan sal julle ons slawe wees en julle sal vir ons werk.”