9 As hy teen my kan veg en as hy my wen, dan sal ons julle slawe wees. Maar as ek beter is as hy en as ek hom wen, dan sal julle ons slawe wees en julle sal vir ons werk.”
10 Die Filistyn het gesê: “Ek sê nou vir julle: Julle Israeliete beteken niks. Julle moet vir my ’n man stuur sodat ons teen mekaar kan veg.”
11 Saul en al die Israeliete het gehoor wat die Filistyn sê, en hulle het geskrik en baie bang geword.
12 Dawid was die seun van ’n man uit Efrat, by die stad Betlehem in die land Juda. Die man se naam was Isai, en hy het ag seuns gehad. Isai was al oud toe Saul koning was.
13 Sy drie oudste seuns het saam met Saul gaan oorlog maak. Hulle was Eliab, die oudste seun, en Abinadab en Samma.
14 Dawid was die jongste seun. Sy drie oudste broers het saam met Saul gegaan.
15 Dawid was partymaal by Saul, en partymaal by Betlehem om sy pa se skape en bokke op te pas.