10 Die mense wat sêdie Here is verkeerd,sal sterf.Die Here laat donderweeruit die lug oor hulle blits.Die Here sal al die menseop die aarde oordeel,en Hy sal sy koningwat Hy gesalf het,sterk maak.”
11 Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar sy seun Samuel het by die priester Eli gebly om vir die Here te werk.
12 Die seuns van Eli was slegte mense. Hulle het nie gelewe soos die Here wou hê nie.
13 Al die mense wat kom offer het, het altyd ook vir die priesters vleis gegee. Wanneer iemand klaar ’n ete-offer gebring het, dan het hy die vleis gaargemaak. Dan het die priester se slaaf gekom en hy het ’n drietand-vurk in sy hand gehad.
14 Die slaaf het dan die vurk in die pot of die bak of die pan of die skottel gesteek. Alles wat aan die vurk vasgesit het, kon die priester vir homself vat. Die priesters het dit gedoen met al die Israeliete wat daar in Silo gekom het.
15 Maar die priester se slaaf het partymaal gekom voordat die priesters die vet op die altaar aan die brand gesteek het. Die slaaf het dan vir die man gesê: “Jy moet vleis gee vir die priester om te braai. Hy wil nie gaar vleis hê nie, hy wil rou vleis hê.”
16 En as die man dan vir die slaaf sê: “Wag ’n bietjie, hulle moet eers die vet aan die brand steek, daarna kan jy vat wat jy wil hê,” dan sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nóú gee. As jy dit nie doen nie, dan sal ek dit self vat.”