1 Dawid het uit die profete-kamp by Rama gevlug en hy het na Jonatan toe gegaan. Hy het vir Jonatan gesê: “Wat het ek verkeerd gedoen? Wat het ek gedoen teen jou pa? Watter fout het ek gemaak? Hoekom wil jou pa my doodmaak?”
2 Jonatan het gesê: “Jy sal nie sterf nie, dit is seker. My pa sê vir my alles wat hy wil doen. Hoekom sal hy hierdie ding vir my wegsteek? Dit is nie waar nie.”
3 Maar Dawid het gesê: “Nee, dit is seker. Jou pa weet baie goed jy hou van my, en hy het gedink jy moenie hiervan weet nie, dan sal jy nie sleg voel nie. Maar so seker soos die Here lewe en so seker soos jy lewe, ek is baie naby die dood.”
4 Jonatan het vir Dawid gesê: “Jy moet vir my sê wat jy wil hê, dan sal ek dit doen.”
5 En Dawid het vir Jonatan gesê: “Jy weet, môre is Nuwemaan-fees, en dan moet ek saam met die koning eet. Maar jy moet my laat gaan, sodat ek in die veld kan gaan wegkruip tot oormôre-aand.
6 As jou pa sien ek is nie daar nie, dan moet jy sê: ‘Dawid het vir my gesoebat om gou na sy stad Betlehem te gaan, want sy hele familie gaan om die offer te bring wat hulle elke jaar moet bring.’
7 As jou pa sê dit is goed, dan is ek veilig, maar as hy baie kwaad word, dan moet jy weet hy het klaar besluit om my dood te maak.