29 Dawid het gesê: ‘Laat my asseblief gaan, want ons familie moet ’n offer bring, en my broer het gesê ek moet kom. As jy goed wil wees vir my, laat my dan asseblief gaan sodat ek my broers kan sien.’ Dit is hoekom Dawid nie na die koning se tafel gekom het nie.”
30 Saul was kwaad vir Jonatan, hy het gesê: “Jy is soos die seun van ’n slegte en ontrou vrou! Ek weet jy wil vir die seun van Isai help teen my. Jy het jou eie naam en jou ma se naam sleg gemaak.
31 Want jy sal nie koning kan word terwyl die seun van Isai lewe nie. Stuur nou dadelik manne om hom te gaan haal, hy moet sterf!”
32 Jonatan vra toe vir sy pa Saul: “Hoekom moet hy sterf? Wat het hy gedoen?”
33 Saul het sy spies na Jonatan gegooi. Hy wou hom raakgooi. Jonatan het toe geweet sy pa het vas besluit om vir Dawid dood te maak.
34 Jonatan was baie kwaad en hy het opgestaan en weggegaan van die tafel. Hy het nie daardie tweede dag van die Nuwemaan-fees geëet nie. Hy was hartseer oor Dawid, want sy pa het gemaak of Dawid ’n slegte mens is.
35 Jonatan het die volgende oggend uitgegaan na die veld, na die plek waar hy gesê het Dawid moet vir hom wag. Daar was ’n jong seun by Jonatan.