38 En Jonatan het vir die seun geskree: “Jy moet gou maak, jy moet hardloop, jy moenie staan nie.”Die seun het die pyl opgetel en hy het na Jonatan toe gekom.
39 Die seun het niks geweet nie, maar Jonatan en Dawid het geweet wat Jonatan se woorde beteken.
40 Jonatan het sy wapens vir die seun gegee en vir hom gesê: “Gaan neem dit na die stad.”
41 Toe die seun weg was, het Dawid opgestaan langs die Esel-klip waar hy weggekruip het. Hy het drie maal gebuig en hy het met sy gesig teen die grond gaan lê. Dawid en Jonatan het mekaar gesoen en hulle het gehuil. Dawid was baie hartseer.
42 Toe het Jonatan vir Dawid gesê: “Ek hoop dit gaan goed met jou. Ons twee het vir mekaar belowe en ons het die Here geroep om die getuie te wees. Ons het gesê: Ons bid dat die Here altyd die getuie sal wees dat daar ’n ooreenkoms is tussen ons en ons nageslagte.”Dawid het opgestaan en weggegaan, en Jonatan het na die stad gegaan.