3 Maar het jy hier kos vir my? Gee vir my vyf brode of iets anders wat jy het.”
4 Die priester het vir Dawid gesê: “Ek het nie gewone brood nie, hier is net gewyde brood. Maar ek hoop die manne het nie kort gelede seks gehad nie.”
5 Dawid sê toe vir die priester: “Nee, wanneer ons gaan oorlog maak, dan het die manne nooit seks nie. Hulle wapens is ook gewyd. My manne is altyd gewyd wanneer ons saam iets gaan doen. Hierdie is ’n spesiale werk wat ons doen, daarom is hulle nog meer gewyd.”
6 Die priester gee toe vir Dawid van die gewyde brood. Daar was nie ander brood nie, daar was net die offer-brood wat die priester weggeneem het uit die tempel toe hy dit omgeruil het om vars brood daar neer te sit.
7 Een van Saul se amptenare moes daardie dag in die tempel bly. Sy naam was Doëg, en hy was die hoof oor die wagters wat Saul se beeste en skape en bokke moes oppas.
8 Dawid het vir Agimelek gevra: “Het jy vir my ’n spies of ’n swaard? Ek kon nie my swaard of ander wapens saambring nie, want ek moes haastig weggaan.”
9 Die priester het gesê: “Hier is die swaard van die Filistyn Goliat wat jy oorwin het in die vallei waar die groot boom is. Kyk, hier is dit toegedraai in ’n lap agter die skouer-kleed. Neem dit as jy dit wil hê, hier is nie ’n ander swaard nie.”Dawid het gesê: “Dit is die beste swaard. Gee dit vir my.”