16 Maar die koning het gesê: “Agimelek, jy moet sterf, dit is seker, jy en jou hele familie.”
17 Die koning sê toe vir die manne wat by hom staan: “Julle moet die priesters aanval en julle moet hulle doodmaak, want hulle het ook vir Dawid gehelp. Hulle het geweet dat hy vlug en hulle het dit nie vir my kom sê nie.”Maar die amptenare van die koning wou nie die priesters van die Here aanval en doodmaak nie.
18 Die koning sê toe vir Doëg: “Dan moet jý die priesters aanval.”Die Edomiet Doëg het toe die priesters aangeval. Hy het daardie dag 85 priesters doodgemaak, manne wat die linne-skouer-kleed dra.
19 Hy het ook almal in die priesterstad Nob doodgesteek: mans en vroue, kinders en babas, beeste, donkies en skape.
20 Maar Abjatar, een seun van Agimelek, het weggehardloop en hy het nie gesterf nie. Hy het na Dawid toe gevlug
21 en hy het vir Dawid vertel dat Saul die priesters van die Here doodgemaak het.
22 Dawid het vir Abjatar gesê: “Ek het daardie dag geweet dat die Edomiet Doëg daar is en dat hy vir Saul sal vertel. Dit is mý skuld dat jou hele familie gesterf het.