1 Iemand het vir Dawid kom sê dat die Filistyne oorlog maak teen die mense van die stad Keïla en dat hulle die koring op die dorsvloere vat.
2 Dawid het vir die Here gevra: “Moet ek daardie Filistyne gaan aanval?”En die Here het vir Dawid gesê: “Jy moet die Filistyne gaan aanval en jy moet die mense van Keïla red.”
3 Dawid se manne het vir hom gesê: “Ons is bang hier in Juda, maar ons sal nog baie banger wees as ons na Keïla moet gaan om die Filistyne aan te val.”
4 Dawid het weer vir die Here gevra wat hy moet doen, en die Here het geantwoord en gesê: “Jy moet gereedmaak en na Keïla gaan, want Ek sal jou laat wen teen die Filistyne.”
5 Dawid en sy manne het na Keïla gegaan. Hulle het oorlog gemaak teen die Filistyne en hulle het die Filistyne se beeste en skape en bokke gevat. Hulle het hard geveg en hulle het die Filistyne oorwin. So het Dawid die mense van Keïla gered.
6 Abjatar seun van Agimelek het die skouer-kleed saam met hom gebring toe hy gevlug het na Dawid toe in Keïla.
7 Iemand het vir Saul vertel dat Dawid na Keïla gegaan het, en Saul het gedink: God het vir Dawid gelos, want Dawid het ingegaan in ’n stad waar ’n mens die poorte kan toesluit. Dawid het homself toegesluit.