15 Dawid het geweet dat Saul wil kom om hom dood te maak, en hy het in die Sif-woestyn by die stad Goresa gebly.
16 Saul se seun Jonatan het gereedgemaak en hy het na Dawid toe gegaan by Goresa. Jonatan het vir Dawid kom sê: “God sal aanhou om vir jou te help.
17 Jy moenie bekommerd wees nie. My pa sal jou nie vang nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal jou belangrikste amptenaar wees. My pa Saul weet ook dat dit so sal wees.”
18 Jonatan en Dawid het weer ’n ooreenkoms gemaak, en die Here was die getuie. Dawid het by Goresa gebly, en Jonatan het teruggegaan na sy huis.
19 Mense van die stad Sif het na Saul toe gegaan in Gibea en hulle het vir hom gesê: “Dawid kruip weg by ons in die berge by Goresa. Hy is op die Gakila-berg suid van die droë woestyn.
20 Koning, jy moet nou sê wat jy wil hê. As jy wil kom, dan moet jy kom, ons sal jou help om vir Dawid te vang.”
21 Saul het vir die mense van Sif gesê: “Ek bid dat die Here goed sal wees vir julle omdat julle jammer is vir my.