17 Jy moenie bekommerd wees nie. My pa sal jou nie vang nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal jou belangrikste amptenaar wees. My pa Saul weet ook dat dit so sal wees.”
18 Jonatan en Dawid het weer ’n ooreenkoms gemaak, en die Here was die getuie. Dawid het by Goresa gebly, en Jonatan het teruggegaan na sy huis.
19 Mense van die stad Sif het na Saul toe gegaan in Gibea en hulle het vir hom gesê: “Dawid kruip weg by ons in die berge by Goresa. Hy is op die Gakila-berg suid van die droë woestyn.
20 Koning, jy moet nou sê wat jy wil hê. As jy wil kom, dan moet jy kom, ons sal jou help om vir Dawid te vang.”
21 Saul het vir die mense van Sif gesê: “Ek bid dat die Here goed sal wees vir julle omdat julle jammer is vir my.
22 Julle moet asseblief gaan en julle moet goed kyk waar julle Dawid se spore sien en waar mense hom gesien het. Iemand het vir my gesê dat Dawid baie slim is.
23 Julle moet goed kyk waar hy oral wegkruip en julle moet vir my kom sê presies waar hy is. Dan sal ek saam met julle gaan, en as hy nog in die land is, dan sal ek hom soek en ek sal hom kry tussen al die duisende mense in Juda.”