1 Dawid het weggegaan uit die Maon-woestyn en hy het in die berge by die stad En-Gedi gaan bly.
2 Toe Saul terugkom nadat hy teen die Filistyne gaan veg het, het die mense vir hom gesê dat Dawid in die woestyn by En-Gedi is.
3 Saul het 3 000 manne uit al die Israeliete gekies en hulle het vir Dawid en sy manne gaan soek. Hulle was naby die Klipbok-rotse.
4 Saul het by skaapkrale gekom en daar was ’n grot. Hy het in die grot ingegaan om hom te ontlas. Dawid en sy manne het agter in die grot gesit.