31 Dan sal jy nie skuldig voel nie, want dan het jy nie vandag onskuldige mense doodgemaak en self mense gestraf nie. Wanneer die Here dit dan goed laat gaan met Meneer, dan moet jy my nie vergeet nie.”
32 Toe sê Dawid vir Abigajil: “Ek prys die Here, die God van Israel, wat jou vandag na my toe gestuur het.
33 En ek prys jou wat so verstandig is. Jy het my vandag gekeer en ek het nie onskuldige mense doodgemaak en self mense gestraf nie.
34 Want so seker soos die Here, die God van Israel, lewe, as jy nie gou gemaak het en na my toe gekom het nie, dan sou nie een man of seun van Nabal môre vroeg nog gelewe het nie. Die Here het my gekeer sodat ek nie aan jou iets gedoen het wat sleg is nie.”
35 Dawid het die kos geneem wat Abigajil gebring het en hy het vir haar gesê: “Gaan huis toe, jy moenie bekommerd wees nie. Ek het gehoor wat jy gesê het en ek sal doen wat jy gevra het.”
36 Toe Abigajil by Nabal kom, was hy besig om fees te vier in sy huis. Dit was ’n fees soos die fees van ’n koning. Hy het gelukkig gevoel en hy het baie dronk geword. Abigajil het vir Nabal niks vertel nie, sy het gewag tot vroeg die volgende oggend.
37 Die volgende oggend toe Nabal nie meer dronk was nie, het sy vrou vir hom vertel wat gebeur het. Nabal het ’n hartaanval gekry, sy hart het soos klip geword.