36 Toe Abigajil by Nabal kom, was hy besig om fees te vier in sy huis. Dit was ’n fees soos die fees van ’n koning. Hy het gelukkig gevoel en hy het baie dronk geword. Abigajil het vir Nabal niks vertel nie, sy het gewag tot vroeg die volgende oggend.
37 Die volgende oggend toe Nabal nie meer dronk was nie, het sy vrou vir hom vertel wat gebeur het. Nabal het ’n hartaanval gekry, sy hart het soos klip geword.
38 En omtrent tien dae later het die Here vir Nabal laat sterf.
39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood is, het hy gesê: “Ek prys die Here wat vir Nabal gestraf het omdat hy my beledig het. Die Here het my gekeer, ek het nie ’n slegte ding gedoen nie, en Hy het vir Nabal gestraf omdat hy ’n slegte ding gedoen het.”Dawid het mense gestuur om vir Abigajil te vra om met hom te trou.
40 Die manne van Dawid het by Abigajil in Karmel gekom en hulle het vir haar gesê: “Dawid het ons na jou toe gestuur. Ons moet vir jou vra om met hom te trou.”
41 Sy het opgestaan en laag gebuig. Sy het gesê: “Hier is ek, ek sal Dawid se slavin wees en ek sal sy manne se voete was.”
42 Abigajil het gou gereedgemaak en sy het op ’n donkie geklim. Haar vyf slavinne het saam met haar geloop. Sy het saam met die boodskappers van Dawid gegaan, en sy het met Dawid getrou.