38 En omtrent tien dae later het die Here vir Nabal laat sterf.
39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood is, het hy gesê: “Ek prys die Here wat vir Nabal gestraf het omdat hy my beledig het. Die Here het my gekeer, ek het nie ’n slegte ding gedoen nie, en Hy het vir Nabal gestraf omdat hy ’n slegte ding gedoen het.”Dawid het mense gestuur om vir Abigajil te vra om met hom te trou.
40 Die manne van Dawid het by Abigajil in Karmel gekom en hulle het vir haar gesê: “Dawid het ons na jou toe gestuur. Ons moet vir jou vra om met hom te trou.”
41 Sy het opgestaan en laag gebuig. Sy het gesê: “Hier is ek, ek sal Dawid se slavin wees en ek sal sy manne se voete was.”
42 Abigajil het gou gereedgemaak en sy het op ’n donkie geklim. Haar vyf slavinne het saam met haar geloop. Sy het saam met die boodskappers van Dawid gegaan, en sy het met Dawid getrou.
43 Dawid was toe al klaar getroud met Aginoam van Jisreël, en hy het nou twee vroue gehad.
44 Dawid was ook getroud met Saul se dogter Mikal, maar Saul het Mikal vir Palti gegee. Palti was die seun van Lajis van die stad Gallim.