1 Mense van die stad Sif het na Saul toe gegaan in Gibea. Hulle het vir hom gesê: “Dawid kruip weg op die Gakila-berg naby die droë woestyn.”
2 Saul het gereedgemaak en hy het na die Sif-woestyn gegaan. Daar was 3 000 manne by hom, hy het hulle gekies uit die Israeliete. Hy wou vir Dawid gaan soek in die Sif-woestyn.
3 Saul het sy tente opgeslaan op die Gakila-berg naby die droë woestyn. Die tente was langs die pad. Dawid het in die woestyn gebly, en toe hy hoor dat Saul hom daar kom soek het,
4 het hy mense gestuur om te kyk of Saul regtig gekom het.