18 Hoekom jaag jy my? Wat het ek gedoen wat verkeerd is?
19 Meneer die koning, jy moet asseblief nou luister na wat ek sê. As dit die Here is wat vir jou sê jy moet my doodmaak, dan moet ons vir Hom ’n offer bring. Maar as dit mense is, dan hoop ek die Here sal hulle straf, want dit is húlle wat my weggejaag het uit die land van die Here. Dit is húlle wat vir my sê ek moet ander gode gaan dien.
20 Maar jy moenie vir my laat sterf ver van die plek waar die Here is nie. Ek is so onbelangrik soos ’n vlooi, maar die koning van Israel jaag my soos ’n mens ’n voël in die berge jag.”
21 Toe sê Saul: “My seun Dawid, ek het ’n fout gemaak. Jy moet terugkom. Jy het vandag gewys dat my lewe belangrik is vir jou, en daarom sal ek niks aan jou doen nie. Ja, ek was dom, ek het ’n baie verkeerde ding gedoen.”
22 Dawid het geantwoord en gesê: “Hier is die koning se spies, stuur een van die jongmanne om dit te kom haal.
23 Die Here het jou vandag vir my gegee. Ek kon jou doodgemaak het as ek wou, maar ek het besluit om niks te doen teen die gesalfde van die Here nie. Ek weet dat die Here goed doen aan mense wat reg doen en wat lewe soos Hy wil hê.
24 Jou lewe was vandag belangrik vir my. Ek bid dat my lewe ook belangrik sal wees vir die Here en dat Hy my altyd sal red wanneer dit sleg gaan met my.”