7 Dawid en Abisai het in die nag by Saul se manne gekom. Saul het daar in die kamp gelê en slaap. Sy spies het regop gestaan naby sy kop. Abner en die manne het rondom hom gelê.
8 Toe sê Abisai vir Dawid: “God het jou vandag gehelp om jou vyand te vang. Ek sal hom met my spies in die grond vassteek. Ek sal dit net een maal doen, dan sal hy dood wees.”
9 Maar Dawid het vir Abisai gesê: “Moenie hom doodmaak nie. As iemand iets doen teen die gesalfde van die Here, dan moet hy weet die Here sal hom straf.
10 Ek weet, so seker soos die Here lewe, die Here sal Saul laat sterf, of Saul sal sterf wanneer dit sy tyd is, of hy sal oorlog toe gaan en sterf.
11 Nee, ek sal nie iets doen teen die gesalfde van die Here nie. Maar kom ons neem die spies wat by sy kop staan en die waterkruik en dan loop ons.”
12 Dawid het die spies en die waterkruik by Saul se kop geneem, en hulle het geloop. Niemand het dit gesien of iets gehoor en wakker geword nie. Almal het geslaap, die Here het hulle baie vas laat slaap.
13 Dawid het na die ander kant van die vallei gegaan en hy het op die berg gaan staan, ver van Saul en sy manne.