1 Die Filistyne het hulle manne laat bymekaarkom by die stad Afek, en die Israeliete het hulle tente opgeslaan by die fontein naby die stad Jisreël.
2 Die leiers van die Filistyne het hulle manne laat verbyloop in groepe. In party groepe was daar 100 manne en in party groepe was daar 1 000 manne. Dawid en sy manne het laaste verbygeloop saam met Akis.
3 Die leiers van die Filistyne vra toe: “Hoekom is hierdie Hebreërs hier?”Akis het vir die leiers gesê: “Dit is Dawid, hy was ’n amptenaar van Saul, die koning van Israel. Hy was ’n lang tyd by my, en hy het niks verkeerd gedoen nie, nooit nie, vandat hy weggegaan het van Saul en na ons toe gekom het.”
4 Die leiers van die Filistyne was kwaad vir Akis. Hulle het gesê: “Stuur die man terug na die plek wat jy vir hom gegee het. Hy mag nie saam met ons na die oorlog gaan nie, want miskien sal hy dan teen ons veg. Sy koning sal weer baie van hom hou as hy die koppe van ons manne vir die koning bring.
5 Dit is hierdie Dawid oor wie hulle dans en sing en sê:“ ‘Saul het duisende manneoorwin,maar Dawid het tienduisendeoorwin.’ ”
6 Akis het toe vir Dawid geroep en hy het vir Dawid gesê: “So seker soos die Here lewe, jy is ’n goeie man en ek dink dit is reg dat jy saam met my gekom het om oorlog te maak, want jy het niks verkeerd gedoen nie, vandat jy by my gekom het tot vandag toe. Maar die leiers dink dit is nie reg nie.