6 Akis het toe vir Dawid geroep en hy het vir Dawid gesê: “So seker soos die Here lewe, jy is ’n goeie man en ek dink dit is reg dat jy saam met my gekom het om oorlog te maak, want jy het niks verkeerd gedoen nie, vandat jy by my gekom het tot vandag toe. Maar die leiers dink dit is nie reg nie.
7 Jy moet nou asseblief omdraai en gaan sodat daar vrede kan wees, jy moet niks doen waarvan die leiers van die Filistyne nie hou nie.”
8 Dawid het vir Akis gesê: “Maar wat het ek gedoen? Wat het jy gesien wat ek verkeerd gedoen het vandat ek by jou gekom het tot vandag toe? Waarom mag ek nie teen jou vyande gaan veg nie?”
9 Akis het vir Dawid gesê: “Ek weet jy was vir my so goed soos ’n engel van God. Maar die leiers van die Filistyne het gesê jy mag nie saam met hulle gaan oorlog maak nie.
10 Daarom, jy en jou koning se manne wat saam met jou gekom het, moet vroeg opstaan wanneer dit môre lig word en julle moet teruggaan.”
11 Dawid en sy manne het toe vroeg die volgende oggend opgestaan, en hulle het teruggegaan na Filistyne-land. Die Filistyne het na die stad Jisreël gegaan.