3 Die lamp van God het nog gebrand. Samuel het in die tempel geslaap waar die kis van God was.
4 Die Here het vir Samuel geroep, en Samuel het gesê: “Hier is ek.”
5 Samuel het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.”Maar Eli het gesê: “Ek het jou nie geroep nie. Gaan slaap weer.”Samuel het gaan slaap.
6 Die Here roep toe weer: “Samuel!”Samuel het opgestaan en hy het na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.”Maar Eli het gesê: “My seun, ek het jou nie geroep nie. Gaan slaap weer.”
7 Samuel het nie geweet dat dit die Here is nie, want die Here het nog nie voor daardie tyd met hom gepraat nie.
8 Toe die Here die derde maal vir Samuel roep, het Samuel opgestaan en hy het na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.”Eli het toe besef dat dit die Here is wat die seun geroep het,
9 en hy het vir Samuel gesê: “Gaan lê, en wanneer Hy jou weer roep, dan moet jy sê: ‘Praat, Here, ek is u dienaar en ek luister.’ ”Samuel het weer op sy bed gaan lê.