1 Dawid en sy manne het op die derde dag by die stad Siklag aangekom. Terwyl hulle weg was, het die Amalekiete die mense in die Suid-land en in Siklag aangeval en hulle het alles gevat wat hulle kon kry. Hulle het Siklag aangeval en hulle het die stad verbrand.
2 Hulle het al die vroue wat in die stad was, gevang en weggevat. Hulle het niemand doodgemaak nie, hulle het die vroue voor hulle laat loop en hulle het verder gegaan.
3 Dawid en sy manne kom toe by die stad, en toe was dit afgebrand. Hulle vroue en hulle seuns en dogters was weg.
4 Dawid en die manne by hom het hard gehuil, hulle het aangehou totdat hulle nie meer kon huil nie.