2 Hulle het die kis van God na die tempel van Dagon gebring en hulle het dit langs die beeld van Dagon neergesit.
3 Toe die mense van Asdod die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Hulle het vir Dagon geneem en hom regop gesit op sy plek.
4 Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon weer met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Dagon se kop en sy twee hande het afgebreek en dit het by die drumpel van die deur gelê. Net Dagon se lyf het oorgebly.
5 Dit is hoekom die priesters van Dagon en almal wat in die tempel van Dagon kom, tot vandag toe nie op die drumpel van die tempel trap nie.
6 Die Here het die mense van Asdod baie swaar laat kry. Hy het hulle bang laat word en Hy het sere op hulle liggame laat kom. Die sere was op al die mense van Asdod, oral in hulle land.
7 Toe hulle sien wat gebeur het, het die mense van Asdod gesê: “Die kis van die God van Israel moenie by ons bly nie, want Hy laat ons en ons god Dagon baie swaar kry.”
8 Hulle het toe al die leiers van die Filistyne laat bymekaarkom en vir hulle gevra: “Wat moet ons doen met die kis van die God van Israel?”Die leiers het gesê: “Julle moet die kis van die God van Israel na die stad Gat neem.”Hulle het die kis van die God van Israel na Gat geneem,