1 Die manne van Kirjat-Jearim het toe gekom en hulle het die kis na die huis van Abinadab gebring. Die huis was op die heuwel. Hulle het Abinadab se seun Eleasar gewy om die kis van die Here op te pas.
2 Die kis van die Here het lank in Kirjat-Jearim gebly, dit was 20 jaar daar.Al die Israeliete het gehuil en getreur en hulle het gevra dat die Here hulle moet help teen die Filistyne.
3 Samuel het vir al die Israeliete gesê: “As julle met julle hele hart terugkom na die Here toe, en julle gooi die gode van ander volke weg en ook die Astartes, en as julle net vir die Here lief is en julle dien net vir Hom, dan sal Hy julle red van die Filistyne.”
4 Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes weggegooi en hulle het net vir die Here gedien.