1 Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns gekies en aangestel om regters te wees oor die Israeliete.
2 Die oudste seun se naam was Joël, en die tweede seun se naam was Abia. Hulle was regters in Berseba.
3 Maar Samuel se seuns het nie gedoen soos hy nie. Hulle het gedoen wat die beste was vir hulleself. Hulle het ook omkoopgeld geneem en nie reg ge-oordeel nie.
4 Die leiers van die Israeliete het toe bymekaargekom. Hulle het na Samuel toe gegaan in Rama
5 en vir hom gesê: “Kyk, jy is al oud, en jou seuns doen nie soos jy nie. Jy moet nou vir ons ’n koning kies en aanstel om oor ons te regeer, dit is so by al die ander volke.”
6 Samuel het gedink die leiers doen baie verkeerd toe hulle gevra het dat ’n koning oor hulle moet regeer. Samuel het tot die Here gebid,