1 Daar was ’n man van die Benjamin-stam. Sy naam was Kis, en hy was die seun van Abiël seun van Serur seun van Bekorat seun van Afiag. Hy was ’n belangrike man in die Benjamin-stam.
2 Kis het ’n seun gehad, die seun se naam was Saul. Saul was ’n mooi jongman, niemand van die Israeliete was mooier as hy nie, en hy was ’n kop langer as al die ander Israeliete.
3 Kis se donkies het weggeraak, en hy het vir sy seun Saul gesê: “Jy moet asseblief een van die slawe saam met jou neem en julle moet die donkies gaan soek.”
4 Saul en die slaaf het by die Efraim-berge verbygegaan en toe verby die Salisa-distrik, maar hulle het nie die donkies gekry nie. Toe het hulle verby die Saälim-distrik en verby die Jemini-distrik gegaan, maar hulle het die donkies ook nie daar gekry nie.
5 Toe hulle in die Suf-distrik kom, sê Saul vir die slaaf by hom: “Kom ons gaan terug, my pa sal vergeet van die donkies en hy sal bekommerd word oor ons.”