6 Die slaaf het vir Saul gesê: “Nee wag, daar is ’n man van God in hierdie stad. Die mense respekteer hom baie, want alles wat hy sê, gebeur soos hy gesê het. Kom ons gaan na hom toe, miskien kan hy vir ons sê waar ons moet soek.”
7 Toe sê Saul vir die slaaf: “Maar as ons gaan, wat kan ons vir die man saamneem? Want die brood in ons sakke is op. Wat het ons wat ons vir die man van God kan gee?”
8 Die slaaf het geantwoord: “Ek het nog ’n kwart-sikkel silwer by my. Ek sal dit vir die man gee sodat hy vir ons kan sê waar ons moet soek.”
9 Wanneer die mense in die volk Israel vir God iets wou vra, dan het hulle altyd gesê: “Kom ons gaan na die siener toe.” Hulle het die profete daardie tyd “sieners” genoem.
10 Saul het vir die slaaf gesê: “Dit is goed, kom ons gaan.”Hulle het toe na die stad gegaan waar die man van God was.
11 Terwyl hulle teen die heuwel opgaan na die stad, kry hulle meisies wat uitgaan om water te skep. Hulle het vir die meisies gevra: “Is die siener hier?”
12 Die meisies het geantwoord: “Ja, hy is hier voor. Hy het vandag na die stad gekom, want die mense moet vandag ’n offer bring op die offer-plek. Julle moet gou maak.