13 Sallum seun van Jabes het koning geword in die nege-en-dertigste jaar nadat Ussia koning van Juda geword het. Sallum was een maand lank koning in Samaria.
14 Menahem seun van Gadi het van die stad Tirsa na Samaria gekom. Hy het vir Sallum daar aangeval en doodgemaak. Menahem het koning geword in Sallum se plek.
15 Al die ander dinge wat Sallum gedoen het en sy planne teen koning Sagaria is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.
16 Sallum was koning toe Menahem die stad Tifsag oorwin het. Hy het almal in die stad en naby die stad doodgemaak. Hy het van Tirsa gekom, en die leiers van Tifsag wou nie die poorte van die stad oopmaak vir hom nie. Hy het al die vroue in die stad wat babas verwag het, oopgesny.
17 Menahem seun van Gadi het koning van Israel geword in die nege-en-dertigste jaar nadat Ussia koning van Juda geword het. Menahem was tien jaar lank koning in Samaria.
18 Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het sy hele lewe lank aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het en wat hy die mense van Israel laat doen het.
19 Koning Pul van die land Assirië het gekom om Israel aan te val. Menahem het 1 000 talente silwer vir Pul gegee. Hy wou hê Pul moes hom help om koning te bly.