1 Elisa het voorheen ’n vrou se seun weer laat lewe. Hy het met haar gaan praat en vir haar gesê: “Jy moet gereedmaak en weggaan, jy en jou huisgesin, en jy moet gaan woon in ’n ander land waar jy ’n vreemdeling is, want die Here het gesê daar sal sewe jaar lank hongersnood in hierdie land wees.”
2 Die vrou het gereedgemaak en sy het gedoen wat die man van God vir haar gesê het. Sy en haar huisgesin het sewe jaar lank in Filistyne-land gaan woon, hulle was daar vreemdelinge.
3 Ná die sewe jaar het die vrou teruggekom uit Filistyne-land. Sy het toe vir die koning gaan vra dat hy haar moet help sodat sy haar huis en haar grond kan terugkry.
4 Die koning was besig om te praat met Gehasi, die jongman wat vir die man van God gewerk het. Die koning het gevra Gehasi moet vir hom vertel van al die wonderlike dinge wat Elisa gedoen het.