3 Dawid het iemand gestuur om uit te vind wie die vrou is. Dit was Batseba, die dogter van Eliam. Batseba was die vrou van Urija die Hetiet.
4 Dawid het boodskappers gestuur om die vrou te gaan haal. Sy het na hom toe gekom, en hy het by haar geslaap. Dit het gebeur ná haar reinigingsbad.
5 Batseba het teruggegaan huis toe, en toe sy besef dat sy swanger is, het sy vir Dawid laat weet sy is swanger.
6 Dawid het toe vir Joab laat weet hy moet Urija die Hetiet na hom toe stuur. Joab het dit gedoen.
7 Toe Urija by Dawid kom, het Dawid vir hom gevra hoe dit gaan met Joab en die manne en die oorlog.
8 Daarna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou huis toe en was jou voete.”Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning vir hom ’n present gestuur.
9 Maar Urija het nie huis toe gegaan nie, hy het voor die paleis geslaap by die mense wat vir die koning gewerk het.