4 Dawid het boodskappers gestuur om die vrou te gaan haal. Sy het na hom toe gekom, en hy het by haar geslaap. Dit het gebeur ná haar reinigingsbad.
5 Batseba het teruggegaan huis toe, en toe sy besef dat sy swanger is, het sy vir Dawid laat weet sy is swanger.
6 Dawid het toe vir Joab laat weet hy moet Urija die Hetiet na hom toe stuur. Joab het dit gedoen.
7 Toe Urija by Dawid kom, het Dawid vir hom gevra hoe dit gaan met Joab en die manne en die oorlog.
8 Daarna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou huis toe en was jou voete.”Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning vir hom ’n present gestuur.
9 Maar Urija het nie huis toe gegaan nie, hy het voor die paleis geslaap by die mense wat vir die koning gewerk het.
10 Toe Dawid hoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie, het hy vir Urija gesê: “Jy het ver geloop, hoekom gaan jy nie huis toe nie?”