6 Dawid het toe vir Joab laat weet hy moet Urija die Hetiet na hom toe stuur. Joab het dit gedoen.
7 Toe Urija by Dawid kom, het Dawid vir hom gevra hoe dit gaan met Joab en die manne en die oorlog.
8 Daarna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou huis toe en was jou voete.”Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning vir hom ’n present gestuur.
9 Maar Urija het nie huis toe gegaan nie, hy het voor die paleis geslaap by die mense wat vir die koning gewerk het.
10 Toe Dawid hoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie, het hy vir Urija gesê: “Jy het ver geloop, hoekom gaan jy nie huis toe nie?”
11 Maar Urija het vir Dawid gesê: “Die verbondskis en die mense van Israel en Juda bly in hutte, en my meneer Joab en sy manne bly in tente in die veld. Dink jy dit is reg dat ek huis toe gaan en eet en drink en by my vrou slaap? Nee. So seker soos jy lewe, ek sal dit nie doen nie.”
12 Toe sê Dawid vir Urija: “Bly nog vandag hier, ek sal jou môre laat gaan.”Urija het daardie dag en die volgende dag nog in Jerusalem gebly.