9 Maar Urija het nie huis toe gegaan nie, hy het voor die paleis geslaap by die mense wat vir die koning gewerk het.
10 Toe Dawid hoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie, het hy vir Urija gesê: “Jy het ver geloop, hoekom gaan jy nie huis toe nie?”
11 Maar Urija het vir Dawid gesê: “Die verbondskis en die mense van Israel en Juda bly in hutte, en my meneer Joab en sy manne bly in tente in die veld. Dink jy dit is reg dat ek huis toe gaan en eet en drink en by my vrou slaap? Nee. So seker soos jy lewe, ek sal dit nie doen nie.”
12 Toe sê Dawid vir Urija: “Bly nog vandag hier, ek sal jou môre laat gaan.”Urija het daardie dag en die volgende dag nog in Jerusalem gebly.
13 Dawid het hom geroep en Dawid het saam met Urija geëet en gedrink. Dawid het vir Urija dronk gemaak. Maar Urija het die aand op sy bed gaan slaap by die mense wat vir die koning gewerk het, hy het nie huis toe gegaan nie.
14 Dawid het toe die volgende oggend vir Joab ’n brief geskryf en hy het dit saam met Urija gestuur.
15 In die brief het Dawid geskryf: “Jy moet vir Urija laat veg op die plek waar die vyande die hardste veg, en dan moet julle weggaan agter hom en hom alleen los sodat die vyande hom kan aanval en hy kan sterf.”