25 Die koning het vir Absalom gesê: “Nee, my seun, dit sal beter wees as ons nie almal gaan nie. Dit sal te veel werk wees vir jou.”Absalom het weer en weer vir die koning gevra, maar die koning wou nie gaan nie. Toe hy vir Absalom groet,
26 het Absalom vir hom gevra: “Mag my broer Amnon dan saam met ons gaan?”Die koning vra toe: “Hoekom moet hy saam met jou gaan?”
27 Absalom het aangehou om vir die koning te vra, en die koning het toe gesê Amnon en al die prinse mag saamgaan.
28 Absalom het vir die jongmanne by hom gesê: “Julle moet asseblief kyk wat Amnon doen. Wanneer hy dronk is van die wyn en ek sê: ‘Slaan vir Amnon dood!’ dan moet julle hom doodmaak. Julle moenie bang wees nie, dit is ék wat sê julle moet dit doen. Julle moet sterk wees, julle moet dapper manne wees.”
29 Absalom se jongmanne het met Amnon gedoen soos Absalom vir hulle gesê het. Toe staan al die prinse op en hulle spring op hulle muile en hulle vlug.
30 Hulle was nog op die pad toe Dawid hoor dat Absalom al die prinse doodgeslaan het en dat nie een prins nog lewe nie.
31 Die koning het opgestaan en hy het sy klere geskeur en op die grond gaan lê. Al sy amptenare het ook hulle klere geskeur en hulle het by hom kom staan.