31 Die koning het opgestaan en hy het sy klere geskeur en op die grond gaan lê. Al sy amptenare het ook hulle klere geskeur en hulle het by hom kom staan.
32 Maar toe sê Jonadab, die seun van Dawid se broer Sima: “Meneer moenie dink al die jongmanne, die prinse, is dood nie. Net Amnon is dood. ’n Mens kon op Absalom se gesig sien dat hy besluit het om vir Amnon dood te maak, van die dag toe Amnon vir Tamar, Absalom se suster, verkrag het.
33 Maar nou moet Meneer die koning nie sleg voel en dink al die prinse is dood nie, want dit is net Amnon wat dood is, en
34 Absalom het gevlug.”Die jongman wat waggestaan het, het gesien daar kom ’n groot klomp mense op die pad agter hom, teen die kant van die berg.
35 Jonadab sê toe vir die koning: “Kyk, daar kom die prinse. Dit is wat ek vir die koning gesê het.”
36 En toe Jonadab dit klaar gesê het, het die prinse daar aangekom, en hulle het hard begin huil, en die koning en sy amptenare het ook baie hard begin huil.
37 Absalom het gevlug en hy het na Talmai seun van Ammigur, koning van Gesur, toe gegaan. Dawid het aangehou treur oor sy seun.