7 Die koning het toe vir Tamar in haar huis laat weet: “Gaan asseblief na jou broer Amnon se huis en maak vir hom iets om te eet.”
8 Tamar het na haar broer Amnon se huis gegaan. Hy was in die bed. Sy het deeg geneem en sy het dit geknie en sy het daar by hom broodjies gebak.
9 Toe het sy die pan geneem en sy het die broodjies voor hom uitgehaal. Maar hy wou dit nie eet nie. Hy het gesê almal moet uitgaan, en hulle het almal gegaan.
10 Toe sê hy vir Tamar: “Bring die kos na my kamer en gee dit daar vir my.”Tamar het die broodjies geneem wat sy gebak het en sy het dit vir haar broer Amnon in die kamer gebring.
11 Maar toe sy dit nader bring sodat hy dit kon eet, gryp hy haar en sê vir haar: “My suster, kom lê by my.”
12 Maar sy het vir hom gesê: “Nee, my broer, jy moenie vir my verkrag nie. So iets is verkeerd, Israeliete mag dit nie doen nie. Moenie hierdie slegte ding doen nie.
13 Dink aan my. Waarnatoe sal ek gaan? Dit sal ’n skande wees. En jy, almal sal dink jy is ’n dwaas. Daarom, praat asseblief met die koning, hy sal jou met my laat trou.”