6 Ek het twee seuns, en hulle het in die veld met mekaar gestry. Niemand het hulle gekeer nie, en die een seun het die ander seun doodgeslaan.
7 Die hele familie kom toe na my toe en hulle sê: ‘Gee vir ons die seun wat sy broer doodgeslaan het. Ons wil hom doodmaak omdat hy sy broer doodgemaak het. Hy is die seun wat sy pa se goed moet erf, maar ons wil hom doodmaak.’ Ek het nog net hierdie seun, hy is die lig in my lewe, maar nou wil hulle hom ook doodmaak. As hy ook dood is, dan sal daar niemand op die aarde oorbly wat die naam van my man het nie.”
8 Die koning het vir die vrou gesê: “Gaan huis toe, ek sal sê wat moet gebeur.”
9 Maar toe sê die vrou van Tekoa vir die koning: “Meneer die koning, as iemand iets verkeerd gedoen het, dan is dit ek en my familie, jy is onskuldig.”
10 Toe sê die koning: “Wanneer iemand met jou praat oor hierdie ding, dan moet jy hom na my toe bring. Ek sal seker maak dat hy jou nie weer pla nie.”
11 Maar die vrou het gesê: “Daar is iemand, hy is die naaste familielid, hy wil my seun straf. Die koning moet asseblief belowe dat die naaste familielid nie my seun sal doodmaak nie. Jou God die Here moet die getuie wees.”Die koning het geantwoord: “So seker soos die Here lewe, niemand sal jou seun doodmaak nie, daar sal nie ’n haar van jou seun op die grond val nie.”
12 Toe sê die vrou: “Mag ek vir Meneer die koning nog iets vra?”Die koning sê toe: “Ja, vra.”