1 Dawid was nie ver oor die top van die berg nie, toe kom Siba daar na hom toe. Siba het vir Mefiboset gewerk. Siba het twee donkies by hom gehad. Op die saals van die donkies was daar 200 brode, 100 koeke rosyne, 100 koeke gedroogde vye en ’n velsak vol wyn.
2 Die koning het vir Siba gevra: “Vir wie bring jy hierdie goed?”Siba het gesê: “Die donkies is vir die huisgesin van die koning, hulle moet op die donkies ry, die brood en vrugte is vir die manne om te eet, die wyn is vir iemand wat miskien moeg word in die woestyn.”
3 Toe die koning vir Siba vra waar sy meneer is, sê Siba: “My meneer? Nee, hy is in Jerusalem. Hy dink die leiers van Israel sal hom vandag koning maak, soos sy oupa Saul was.”
4 Die koning het toe vir Siba gesê: “Alles wat aan Mefiboset behoort het, is nou joune.”Siba het geantwoord: “Meneer die koning, ek buig voor jou. Ek hoop jy sal tevrede wees met my.”