19 En ook, vir wie sal ek werk? Ek wil vir my vriend se seun werk. Ek het vir jou pa gewerk, en nou wil ek ook so vir jou werk.”
20 Absalom het toe vir Agitofel gesê: “Kom, julle moet vir my sê wat ons moet doen.”
21 Toe sê Agitofel: “Jou pa het byvroue hier laat bly om die paleis op te pas. Jy moet na hulle toe gaan en jy moet seks hê met hulle. Wanneer al die Israeliete hoor dat jy jou pa verneder het, dan sal almal wat saam met jou is, nie bang wees nie, hulle sal doen wat hulle moet doen.”
22 Hulle het vir Absalom ’n tent opgeslaan op die paleis se dak, en al die Israeliete kon sien dat hy gaan slaap by sy pa se byvroue.
23 In daardie tyd het mense gedink dit is God wat vir Agitofel sê wat hy vir die koning moet sê. Dit was so in die tyd toe Dawid koning was en in die tyd toe Absalom koning was.